Uiteindelik! ''n Allesomvattende boek wat al jou vrae oor die Banting-leefstyl beantwoord EN ''n oplossing bied vir permanente gewigsverlies
Die Banting-oplossing verduidelik nie net wat Banting behels nie, dit: verskaf antwoorde op Banters se dringendste vrae; skiet die mites wat rondom Banting ontstaan het, aan flarde; bevat handige maaltydplanne en Banting-vriendelike voedsellysies; verskaf wenke oor wat om te doen wanneer gewigsverlies tot stilstand kom; help jou om voedseletikette te verstaan; en wys jou hoe om te Bant sonder om die bank te breek, en dat almal dié leefstyl kan volg. Maar die heel belangrikste - die boek leer ons hoe om ontslae te raak van daardie ekstra kilogramme en hoe om hulle vir ewig weg te hou! Resultate van in-diepte navorsing word ondersteun deur gevallestudies en voor-en-na foto''s. Lesers het nou toegang tot alle inligting oor Banting in een boek.
|