In ’N VEILIGE SKUILPLEK wil Nina Smit lesers bewus maak van hoe belangrik hul lewensreis se eindpunt is – want as ’n mens uiteindelik nie by die regte bestemming uitkom nie, is jou hele reis eintlik tevergeefs
Sonder God is ’n mens se reis van meet af aan ’n mislukking. In ’N VEILIGE SKUILPLEK verseker Nina Smit lesers in 366 oordenkings dat God reeds die pad ken wat hulle moet stap. Hy is ’n skuilplek wanneer dit moeilik gaan en deur sy genade kan iemand die krag kry om elke dag se struikelblokke te oorkom. Lesers sal besef God se teenwoordigheid bring seën. Dié dagboek fokus op temas soos: verhoudings, God se teenwoordigheid in jou lewe, genade en swaarkry-tye. ’N VEILIGE SKUILPLEK sal lesers opnuut bekragtig in die reis van die lewe, om nie net hul bestemming te bereik nie, maar ’n vreugdevolle reis te geniet. Die waardevolste reis wat ’n mens ooit gaan aanpak, is om God te leer ken.
|
|