In Wees suksesvol, maak ’n verskil wys John C
Maxwell wat dit is om meer as net suksesvol te wees – om waarlik ’n verskil te maak: ‘’n Mens se lewe is sinvol as jy na ander uitreik deur te gee, lief te hê, te dien, te help en aan te moedig. Dit voeg waarde by ander se lewens. Dit maak ’n verskil.’ Die boek het ’n stylvolle Italiaanse leer-omslag wat inpas by die John C. Maxwell Dagbeplanner-reeks. Dis geskryf in Maxwell se kenmerkende styl met interessante stories en aanhalings. Hierdie geskenkboek is ideaal vir enigeen wat meer as suksesvol wil wees.
|
|