Brandt Burger besluit een Sondag om summier uit die kerk te stap omdat hy nie meer daar wíl wees nie
Hy glo nie meer in God nie en wil sy eie ding doen. ’n Ruk daarna gaan kamp hy saam met sy kleinneefs, en iets verskrikliks gebeur en verander sy lewe onherroeplik. DIE HEMELBURGERS vertel die hartroerende verhaal van iemand wat sy rug op God gedraai het en in die tronk beland het, maar uiteindelik tog nie aan die genade en liefde van Christus kon ontsnap nie. Dit is ’n verhaal vol deernis deur gewilde skrywer Helene de Kock wat fokus op God se goedheid en trou. DIE HEMELBURGERS sal lesers laat besef dat niemand se sonde ooit te groot is vir die Here nie en dat sy oorvloedige genade bedoel is vir almal wat Hom aanneem.
|
|